English Arabic Bulgarian Chinese (Simplified) Chinese (Traditional) Croatian Czech Danish Dutch Finnish French German Greek Hindi Italian Japanese Korean Norwegian Polish Portuguese Romanian Russian Spanish Swedish Catalan Filipino Hebrew Indonesian Latvian Lithuanian Serbian Slovak Slovenian Ukrainian Vietnamese Albanian Estonian Galician Hungarian Maltese Thai Turkish Persian Afrikaans Malay Irish Welsh Icelandic

Picture of Julian Muller Julian Müller is professor en hoof van die Departement Praktiese Teologie aan die Universiteit van Pretoria. Hy is ook deeltydse predikant wat elke week baie ure in die pastorale spreekkamer deurbring.

Sunday, 01 August 2010
Nuwe boek

Julian Muller, Passie en Spasie. Griffel Uitgewers 2009

Julian Müller
Ja vir die huwelik en Ja vir gayverbintenisse
Wednesday, 02 July 2008 17:50
Written by Julian Müller


Maar, moet hierdie twee sake so teenoor mekaar beredeneer word? Sou ‘n wet wat die huweliksbegrip verruim, of ‘n afsonderlike wet wat beskerming verleen aan gay-verhoudings dan nou werklik ‘n bedreiging inhou vir die heteroseksuele huwelik? Waarom bestaan daar die gevoel dat die huwelik aangetas gaan word indien ons andersoortige "huwelike" gaan toelaat? Die feit is dat ons alreeds ‘n samelewing is waarin albei werklikhede sigbaar teenwoordig is. Daar ís gay-verhoudinge wat oor baie jare bestaan. Bedreig sulke verhoudinge die huwelik? Ek kan nie dink dat dit die geval is nie. Die verskynsel van homoseksualiteit is nie net vir eeue deel van ons beskawing nie, maar dit word al vir dekades erken en toegelaat. Opnames het keer op keer aangetoon dat homoseksualiteit nie toeneem as gevolg van ‘n meer tolerante gesindheid in ‘n bepaalde gemeenskap nie. Dit bly maar iewers tussen 6 en 10 persent van die bevolking. 

Ek dink mense is verniet bang. Dit is soos in die apartheidsdae toe ons gedink het ons kan ‘n lelieblanke huwelik beskerm met ‘n ontugwet en ‘n wet op gemengde huwelike. Al wat ons daardeur reggekry het was om baie mense ontsettend seer te maak en juis verder te vervreem van die waardes wat ons kamstig wou beskerm. Ons moet ook erken dat ons ernstig gefouteer het deur te dink dat mens iets wat goed is kan beskerm deur onreg te pleeg. Vandag is dit weer presies dieselfde soort situasie. Daar is mense wat dink dat hulle die huwelik moet beskerm deur dit eksklusief te reserveer net vir sommige wat aan die vereistes voldoen. 

Al het die kerk nog nie klaar gedink en sy standpunt oor elke aspek van homoseksualiteit klaar geformuleer nie, moet ons tog soos die Here Jesus ons skaar by die wat deur die huidige samelewingstrukture en wette verontreg en misken word. Op watter wyse die vaste verbintenisse, buite die bestaande huwelikstruktuur, ge-orden en beskerm moet word is ‘n saak wat oop is vir debat, maar ons moet onsself as Christelike kerk skaar aan die kant van die wat tans nie die beskerming geniet waarop hulle geregtig is nie.

Die huwelik is in elk geval nie ‘n "Paradys"-verskynsel nie. Dit is net soos alle menslike instellings onderworpe aan die gebrokenheid van die mens en die wêreld. Daar is ‘n groot verskeidenheid huwelikservaringe - goed en sleg. My persoonlike ervaring is baie positief en ek wil ook soos ander skrywers ‘n lansie breek vir die huwelik. Die werklikheid is egter dat daar baie ander is vir wie die huwelik glad nie ‘n positiewe ervaring is nie - nie as huweliksmaats nie en ook nie as kinders in ongelukkige huise nie. Die US Census Bureau het in die 2005 American Community Survey bevind dat meer as die helfte (50.2%) van Amerikaanse huishoudings buite enige huwelikskonteks funksioneer. Dit verteenwoordig dan veral hetero- en homoseksuele saamwoonverhoudinge en alleenouer huishoudings. Ek weet nie wat die vergelykende statistiek vir Suid-Afrika is nie, maar mens kan aanvaar dat dieselfde tendens in ons samelewing aan die gang is. Huishoudings word nie meer primêr net rondom ‘n tradisionele huwelik georganiseer nie. Dit is die werklikheid. Ons leef nie in die paradys nie en daarom is ‘n huweliksformulier en ‘n huwelikswet en ‘n huweliksteologie wat net op ‘n paradys-model geskoei is, nie net onrealisties nie, maar ten diepste ook liefdeloos.


Ons moet Genesis 1 en 2 ruimer lees. Dit is beslis nie ‘n "huweliksformulier" wat uit die hemel geval het nie. Dit is na alle waarskynlikheid verhale wat selfs so laat as in die hellenistiese tyd (ongeveer 3 eeue voor Christus) ontstaan het, waardeur Israel getuig het van wat hulle glo oor hulle skepping en hulle verantwoordelikheid teenoor mekaar en die omgewing. Ons vind nie daar voorskrifte vir hoe elke verhouding gereël moet word nie. Indien dit die geval was, sou elke man "sy pa en ma" moes verlaat en dit sou sonde wees om dit nie te doen nie en om alleen en ongetroud deur die lewe te gaan! Dit sou ook geheel-en-al onaanvaarbaar wees om kinderloos deur die wêreld te gaan. Ons moet ook aanvaar dat die "huwelik" waaroor dit in Genesis gaan nie net eenvoudig met ons huidige konsep van die huwelik ooreenkom nie. Daar, en trouens in die hele res van Genesis, gaan dit tog oor gereëlde familiehuwelike (arranged marriages), waarin ons huidige weerstand teen poligamie en huwelike met familielede nie gegeld het nie.


Daar is tog ook ‘n meer bevrydende en minder dwingende manier om met so ‘n teksgedeelte om te gaan. Ten diepste vind ons daarin nie voorskrifte nie, maar belydenisse oor wesenlike waardes. Daarin ontdek ons God wat mense maak na sy beeld en hulle aanstel as sy verteenwoordigers. Ons vind daarin ‘n God wat dit nie goed vind dat die mens alleen is nie (Gen 2:18) en ‘n God wat die skepping so inrig dat mense in medemenslike verhoudinge kan staan. Die mens onvang ‘n "helper" (Gen 2:20). En let daarop dat daardie woord in die oorspronklike Hebreeus in die manlik staan! Dit laat mens net besef dat alles in hierdie teks nie so letterlik en voorskriftelik opgeneem moet word nie. Dit gaan nie maar net om ‘n seksuele metgesel nie, maar ‘n medemens wat jou kan help sodat jy nie ‘n alleenpad hoef te stap nie. Ons weet vandag dat in baie gayverhoudinge die maat net soos in heteroseksuele verhoudinge, presies daardie rol vervul. Vir sulke gelowiges word hulle verhouding ‘n manier waarop God voorsien in hulle grootste behoefte, naamlik aan medemenslikheid en intimiteit. In hulle verhouding ervaar hulle God as die genadige God - soos wat ons God in Genesis en die res van die Bybel leer ken.


Ons mag nie die Bybel deur sulke nou lense lees dat dit ons daarvan weerhou om saam met alle gelowiges, homo- of heteroseksueel, die grootheid van God se liefde en die wydheid van sy genade daarin ontdek nie. 

Comments
Search
Only registered users can write comments!
Nico |216.174.136.xxx |Y-m-d H:i:s
"Decisions by voters in Florida, Arizona and California to join residents of
27 other states with constitutional protections for traditional marriage have
prompted threats of violence against Christians and their churches.



“Burn their f—ing churches to the ground, and then tax the charred timbers,”
wrote “World O Jeff” on the JoeMyGod blogspot today within hours of California
officials declaring Proposition 8 had been approved by a margin of 52 percent to
48 percent. Confirmation on voter approval of amendments in Florida and Arizona
came earlier."



Gen 19:9 Toe antwoord hulle: Gee pad daar! En hulle sê: Hierdie een het gekom om
hier as vreemdeling te vertoef en wil tog gedurig die baas speel. Nou sal ons
jou meer kwaad doen as aan hulle. En hulle het sterk op die man, op Lot,
aangedring en nader gekom om die deur oop te breek.

Grit 19:22"Terwyl hulle hul hart vrolik maak, omsingel die manne van ...
Nico |216.174.136.xxx |Y-m-d H:i:s
Rigt 19:22 Terwyl hulle hul hart vrolik maak, omsingel die manne van die stad,
slegte manne, meteens die huis en klop hard aan die deur; en hulle spreek met
die ou man, die eienaar van die huis, en sê: Bring die man uit wat in jou huis
ingekom het, dat ons hom kan beken.

Nog steeds dieselfde geweldadige lot as duisende jare gelede.
Braam |196.35.158.xxx |Y-m-d H:i:s
Onthou. God is nie net 'n God van Liefde nie, Hy gaan ook Sy toorn teenoor die
onregverdige en sondaar uitbreek. God haat sonde, maar Hy stuur die sondaar hel
toe.....

Romeine 1 is duidelik oor huwelike met dieselfde geslag. Hy gee mense oor aan
hulle sondes en wellustige begeertes. Wat is die vrug van sonde? Die dood, ewige
dood.

God se toorn is sigbaar vandag al, die feit dat Hy mense oorgee aan hulle sonde
is God se toorn.



Romeine 1 :

18 For the wrath of God is revealed from heaven against all ungodliness and
unrighteousness of men who suppress the truth in unrighteousness,



24 Therefore God gave them over in the lusts of their hearts to impurity, so
that their bodies would be dishonored among them.



25 For they exchanged the truth of God for a lie, and worshiped and served the
creature rather than the Creator, who is blessed forever. Amen.



26 For this reason God gave th...
 
JoomlaWatch Stats 1.2.7 by Matej Koval

Countries

73.9%UNITED STATES UNITED STATES
4.5%NETHERLANDS NETHERLANDS
3.4%UNITED KINGDOM UNITED KINGDOM
3.1%AUSTRALIA AUSTRALIA
2.2%INDIA INDIA

Online Shopping

Click on the shopping basket to buy electronic publications online / Druk op die inkopie ikoon om elektroniese publikasies aanlyn te koop